Kafa Kuansha - Tradisional Circassian Dance - Youth Orchestra Cover
250 views
0

 Published On Premiered Jan 1, 2024

Kafa Kuansha verw. Marleen Boshoff
Tradisioneel uit die repertoire van Ali Ligidov

Die Circassiërs is ‘n bevolkingsgroep uit die Noordelike Kaukasus
gebergtes en kus van die Swart See. In die 1860’s rig Rusland ‘n
volksmoord aan onder die inwoners van Circassië, en omtrent 600 000
mense sterf in die geweld. Die oorlewende Circassiërs vlug na Turkye
waar die 80% van die hedendaagse Circassiërs steeds woon. Ander
woon in Sirië en Israel, en ‘n klein groep woon steeds in die Kaukasus
gebergtes.
Dans is een van die maniere waarmee die Circassiërs hul kultuur wil
bewaar. Die mans se kostuums is militaristies versier met bandolier
sakkies op hul baadjies. Hul danspassies is akrobaties en flambojant,
met fantastiese voetwerk en verbysterende spronge. In kontras is die
vroue se bewegings grasieus en swewend in hul lang, elegante rokke.

Die doel van die Kunste Fabriek Orkes is om aan kinders die geleentheid te gee om in
'n orkesverband op te tree.
Skoliere tussen die ouderdom 10 en 18 jaar word in die orkes
toegelaat. Met 'n minimum musiekstandaard van graad 1 as die
enigste toelatingvereiste, kan kinders reeds vroeg in hulle musikale
lewe in die Orkes Projek speel. Strykers, Hout- en Koper-
blasers, Slagwerk, asook die Blokfluitfamilie, Harp en Klavier kan inksryf.
Sodra die inskrywing gefinaliseer is verbind die lid hom/haar aan die
Projek, en word geen toelating- of plasingoudisie afgelê
nie. Seksieleiers word deur die loop van die projek deur die
orkesbestuur gekies.
Gedurende Januarie en Februarie word daar werkswinkels vir die hele
orkes op Saterdagoggende in Brooklyn, Pretoria aangebied. Die
Projek word afgesluit met formele uitvoerings in Maart.
Vir meer inligting besoek ons facebook bladsy:
  / kunstefabriekproduksies  
Loïs Boshoff - Organiseerder
[email protected]

show more

Share/Embed